Olimpiese Winterspele 1960

VIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1960

Gehou in Squaw Valley, Verenigde State
Deelnemende lande 30
Deelnemende atlete 665 (521 mans, 144 vroue)[1]
Items 27 in 4 sporte
Openingseremonie 18 Februarie 1960
Sluitingseremonie 28 Februarie 1960
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Richard Nixon
Atlete-eed Carol Heiss (kunsskaats)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Ken Henry (langbaanskaats)
Vorige Spele 1956: Corina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele 1964: Innsbruck (Oostenryk)

Die Olimpiese Winterspele 1960 (Engels: 1960 Winter Olympics), amptelik bekend as die VIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 18 en 28 Februarie 1960 in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die ander kandidaatstede was Innsbruck, St. Moritz en Garmisch-Partenkirchen.

Teken met die Olimpiese sporte buite die Olimpiese dorpie by Squaw Valley

Toe daar in 1955 besluit is om die Spele in Squaw Valley te hou, het die "dorp" slegs een inwoner, die organiseerder van die Spele, Alexander Cushing, gehad. Na die toewysing aan hierdie ski-oord, moes bouwerk teen 'n versnelde tempo plaasvind om die nodige geriewe betyds daar te stel. Die Olimpiese Somerspele 1960 is in Rome, Italië, aangebied.

Die Spele was die eerste Winterspele waaraan Suid-Afrika deelgeneem het, maar Suid-Afrika kon geen medaljes verower nie. Dit was ook die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die Apartheidsbeleid. Die volgende Winterspele waaraan Suid-Afrika deelneem is 34 jaar later in 1994.

  1. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy